by SA College of Natural Medicine course notes-Dr Renier du Toit
(Montagu)
NATUURLIKE GENESINGS DIEET
-Alles moet organies gekweek en vars wees.
-Twee derdes moet rou wees.
-50% proteiene volgens bloedgroep, bv.vis, eiers, vleis.
-20% diervette, sade, neute en olies(NIE verhitte kookolies nie).
-30% vrugte, groente- hoe vesel.
VLOEISTOWWE
-300 ml vog per 10 kg liggaamsgewig-verkieslik gesuiwerde water-tri osmose/reverse osmosis.
-Kruietee, vars, organiese groentesappe(vermy gebottelde vrugtesappe, agv. die hoe suikerinhoud)
-Perdeblom-koffie.
-Moenie enige vloeistowwe inneem 30 minute voor en 90 minute na etes nie.
VRUGTE EN GROENTE
-Eet vrugte met hoe glukemiese indeks slegs matig.
-Drink vars, organiese tuisgemaakte groentesap 3x pw-volgens bloedgroep.
-Eet twee porsies groente per dag, waarvan ten minste 1 porsie ROU moet wees. Eet ‘n groot verskeidenheid en sluit daagliks knoffel daarby in.
-Gekookte groente kan liggestoom wees, gebak of as ‘n sop.
-Sluit ‘n klein hoeveelheid seewier daagliks by dieet in.
-Eet elke dag rou spruite, sade en peulgewasse as deel van ‘n slaai.
PEULGEWASSE
-Ertjies, nierbone, limabone, lensies- voeg dit by souse en dien op saam met hoofdis wat uit vleis, vis of hoender bestaan.
-Peule kan gespruit wees, lensies en mungbone is veral maklik om te berei.
SADE EN NEUTE
-Gebruik net ongerooster en ongesoute neute en sade.
-Eet minstens 2 eetlepels sade daagliks(vlas-, sonneblom,-sesame en –pampoensade- volgens bloedgroep)
-Gebruik gespruite sade in slaaie en tussen maaltye(lusern,bronkors,bokwiet en sonneblom)
-Hou vars neute in yskas\vrieskas- onthou dat lang bevriesing vitamiene E vernietig.
-Maak neutmelk vir slaaisouse.
VIS,VLEIS EN SUIWEL
-VERMY ALLE suiwelprodukte.
-Eet diereproteiene 2 keer per dag-volgens bloedgroep. Lamslewer, lamniertjies en organiese beesvleis het hoe voedingswaarde.
-Vars kouewatervis 3 maal per week, stoom, posjeer of bak die vis.
-Eet hoender met velle.
-Skulpvis van skoon waterbronne.
NATUURLIKE VERSOETERS
-Stevia
-Xylitol.
-Organiese of wilde heuning.
-Melasse –is vol vitamiene en minerale.
-Droe vrugte.
-Esdoringstroop.
-Karob-‘n sjokolade-plaasvervanger sonder suiwel en kafeien.
NATUURLIKE GEURMIDDELS
-Groente-geurpoeiers\blokkies bv. Vecon.
-Kruie, knoffel, gemmer, pietersielie, sitroengras, Franse mosterd gis-ekstrak, tahini, suurlemoen, appelasyn en vanielje.
-Moenie mout of gedistilleerde asyn gebruik nie, omdat dit rooibloedselle vernietig en inmeng met vertering.
SLAAIE
-Ekstra-suiwer(extra virgin) olyfolie-koudgepers, met suurlemoensap of appelasyn-gemaak van heel appels, mosterd, kruie en knoffel.
-Neutmelk(meng 1\4 koppie neute-volgens bloedgroep- en 1\4 koppie water) met suurlemoensap en seesout.
-Tahini, suurlemoensap, knoffel, peperwortel en pietersielie.
-Kruisement, knoffel en komkommer.
-MOENIE koeimelk gebruik nie- gebruik eerder rysmelk.
-Tuisgemaakte mayonnaise met ektra-suiwer, koudgeperste olyfolie en eiergeel, mosterd, appelasyn en baie knoffel.
-Groente-geurpoeiers en tamatiepuree in gelyke hoeveelhede met appelasyn, knoffel en oregano of basiliekruid.
-Tamatiepuree met neute, knoffel en kruie.
Bg. kan alles gebruik word in slaaie of oor koue, gekookte bone gegooi word.
SMERE
Neutkase, tahini, sprietuie en kruie of met gekookte, fyngekapte groente en geurblokkies.
-Houmus(hummus): ‘n Griekse\Lebanese doopsous gemaak van keker-ertjies, suurlemoen, knoffel, pietersielie en tahini.
-Lensiesmeer; gekookte lensies gemeng met gekookte groente en speserye.
-Olyfpatee: ‘n mengsel van olywe, olyfolie, kappertjiesaad, knoffel, pietersielie en wynasyn.
-Avokadosmere soos Guacamole.
VERMY
-ALLE suiwelprodukte.
-geprosesseerde en verfynde voedsel en alles wat daarvan gemaak word, bv. witmeel, rys, suiker, koeke, beskuit, pasteideeg, brood, plaatkoekies, wafels, ontbytpap, oliebolle, lekkers,
sjokolade, konfyt, geblikte sop e.a. blikkieskos.
-Alle byvoegings, bv. die sg. natuurlike geurmiddels, kleursels, preserveermiddels, kunsmatige versoeters en kleurstowwe.
-Alle galserige kosse, ou botter, graan, mielies.
-Chemikaliee in kosse en water-omdat dit onkruiddoders en kunsmis bevat.
-Tafelsout en kitskosse. Gebruik net seesout en Herbamare\Trocomare.
-Gaskoeldranke, vrugtesappe(drink tuisgemaakte vrugtesappe matig a.g.v. die hoe suikerinhoud daarvan).
-Alle geprosesseerde vleis soos salami en ham a.g.v. die nitriete daarin wat karsinogenies is.
-Kraanwater, moutasyn.
-Alle diepbraaikosse.
-Alle verrykte voedsel, omdat bygevoegde vitamiene skadelik is.
-Alle huishoudelike toksiese chemikaliee, bv. lugverfrissers
-Alle sojaprodukte, grondbone, ”peanut-butter” en hoe glukemiese kosse.
-Alle koringprodukte en glutienbevattende kosse.
-Alle tee en koffie.
-Pasta, pizza .
-MARGARIEN.
Want to live better longer? Sign up for our occasional newsletter. Receive this free ebook, soma ceremony and other event updates and other valuable snippets. Your address will never be sold.
and receive our free ebook!